+27 (0)82 499 2171 tinus@nitzechon.co.za

Soos verlede jaar het Nitzechon weereens die geleentheid gehad om as uitstaller by vanjaar se TLU SA Jongboerkonferensie by te woon. Soos in die verlede was dit ‘n baie insiggewende dag en elke jaar word die realiteit van die rol wat jongboere in landbou sal moet speel, al hoe duideliker. Tegnologie bly ook met rasse skrede voorruitgaan en alle landbouers sal moet sorg dat hulle te alle tye gereed sal wees om vir hulself geleentheid te skep om ‘n tydjie te skep waartydens hulle hulself met die tegnologie op datum bring! Gelukkig is dit al hoe makliker vir ons jong boere om hulle met die tegnologie te vereenselwig en dit in hulle boerderye te begin toepas!

Hierdie Jongboerkonferensie het ook maar net weer bevestig dat boerdery ‘n opwindende en baie bevredigende & suksesvolle bedryf kan wees, indien die landbouer homself deurlopend op hoogte hou van ontwikkeling in tegnologie, gesonde en omgewingsvriendelike nuwe boerderymetodes, asook wat voorafgaande tendense (en die redes daarvoor) bepaal het vir sukses.

Ook hiermee is daar die leiding en hulp (tegnologies en andersins) wat Nitzechon en sy alliansie-vennote met groot sukses aan ons jong boere kan bied!

Alliansievennote:

  • attooh (Kobus Oberholster)
  • NeoVox (Jeandre du Randt)
  • Sencam Solutions (Riaan Greyvensteyn en span)
  • Security Services Solutions (Gerhard)
TLU Nasionale Jongboerkonferensie 2019
TLU Nasionale Jongboerkonferensie 2019
TLU Nasionale Jongboerkonferensie 2019
Kobus Oberholster from attooh
Riaan Greyvensteyn and team from Sencam Solutions
Gerhard from Security Services Solutions
Tinus Taute from Nitzechon Solutions