+27 (0)82 499 2171 tinus@nitzechon.co.za

Wel, eerstens moet mens vra of daar so iets kan wees!!! Almal weet dat brandstof een van die groter uitgawes vir boere is – veral met planttyd wat nou nader kom vir gewasse (en strooptyd wat nie te lank terug verby is nie!!!). Gelukkig is daar nou ‘n produk wat die pyn kan verlig – omdat dit 99% akkuraat (getoets deur Bidvest) is om brandstofdiefsal te voorkom en ‘n effektiewe bestuursprogram te help skep sodat o.a. vermorsing ook tot die minimum beperk word!
Geen foefies of snaakse goed nie – net sensors en tegnologie wat gemonitor word en ontwikkel is deur Sencam Solutions (kyk na die Nitzechon webblad by ons vennote/partners). So – dis ‘n besparing op die insetkant waar boere darem nog die kostes bietjie in bedwang kan hou!