+27 (0)82 499 2171 tinus@nitzechon.co.za

Dit was met ‘n lekker opgewondenheid in die hart wat ons die Malonjeni Outdoor Expo tegemoet gegaan het!

Aangesien dit die eerste keer was wat ons daar gaan skou het, maar met die goeie terugvoer oor vorige jare vir ander uitstallers wat ons gekry het, was dit regtig een van die skoue waarna ons baie uitgesien het! En dit het definitief nie teleurgestel nie!

Almal van Nitzechon se alliansie-vennote vir wie ons daar kon kry om uit te stal was na die tyd baie positief en sal ons dus weer volgende jaar daar wees saam met Neovox Solutions, SA-SOS, Security Solutions Services, Sencam Solutions en ook ander!!! Soos altyd met ‘n eerste – en elke Ekspo/skou wat maar sy eie karakter het, was ons eerste deelname baie suksesvol en aangenaam met besigheid wat flink gedoen is agv belangstelling, maar verwag ons dat volgende jaar selfs meer suksesvol sal wees en sien ons baie daarna uit! Veral die IR nagsig-toerusting en IR –drones van Security Solution Services het SO goeie aftrek gekry dat ek teen die einde van dag een al vir Gerhard “Halls” suig-‘sweets’ moes voer om te sorg dat sy stem nie wegraak nie (dag twee was dit ook so!!!).

Johan van SA-SOS en sy dametjies was ook baie besig en het hulle ook alreeds bevestig vir volgende jaar, en so ook Neovox Solutions!

Tydens ‘n gesprek met ‘n gereelde uitstaller (die afgelope 5 jaar), het die Malonjeni Outdoor Ekspo sover elke jaar wat hulle betrokke was, met maklik 30% per jaar gegeroei en die organiseerders is ook baie in hulle skik!

So – as julle ons vanjaar gemis het en nie die Malonjeni Outdoor Ekspo kon bywoon nie, kan ons net vir julle se dat ons julle DEFINITIEF volgende jaar daar wil sien!